JOHANNES 13:10,14
JOHANNES 13:10 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir hom gesê: “Wanneer 'n mens klaar gebad het, dan is jou liggaam klaar skoon. Dan is dit net jou voete wat jy moet was. Julle wat hier by My is, is skoon, maar nie almal nie.”
Johannes 13:14 Bybel vir almal (ABA)
Ek is julle Here en julle Meneer, maar Ek het julle voete gewas. Daarom moet julle ook mekaar se voete was.
JOHANNES 13:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus sê vir hom: Hy wat gewas is, het niks anders nodig as om die voete te was nie, maar is heeltemal rein; en julle is rein, maar nie almal nie.
JOHANNES 13:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
JOHANNES 13:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
En Jesus sê vir hom: “Hy wat klaar gebad het, is heeltemal skoon; hy hoef later niks meer as sy voete te was nie. En julle is nou skoon, maar nie almal nie.”
JOHANNES 13:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was.
JOHANNES 13:10 Die Boodskap (DB)
Jesus sê toe: “Jy het mos vanoggend gebad. Dit is nou eers genoeg om net jou voete te was; dan is jy weer heeltemal skoon. Maar nie almal van julle sal skoon word nie, al was Ek almal se voete.”
Johannes 13:14 Die Boodskap (DB)
Nou maar goed. As Ek, die Een wat julle leer en lei, julle voete was, wat sê dit vir julle? Net een ding: julle behoort mekaar se voete net so te was.
JOHANNES 13:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus sê vir hom: “Iemand wat klaar gebad het, is heeltemal skoon, behalwe om nog sy voete te was. En julle is mos reeds skoon – nee, tog nie almal nie.”