JEREMIA 1:19
JEREMIA 1:19 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal met jou baklei, maar hulle sal jou nie wen nie, want Ek is by jou om jou te red.” Dit is wat die Here gesê het.
JEREMIA 1:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.
JEREMIA 1:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sal teen jou veg maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red.
JEREMIA 1:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal teen jou veg, maar sal nie die oorhand oor jou kry nie. Want Ek is by jou,” is die uitspraak van die HERE, “om jou te red!”
JEREMIA 1:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal teen jou veg; maar hulle sal jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te red.