JAKOBUS 3:13
JAKOBUS 3:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WIE is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.
JAKOBUS 3:13 Die Boodskap (DB)
Wie van julle het die lewenswysheid om te verstaan hoe ’n mens die spel van die lewe sinvol en reg moet speel? Laat hy dit wys deur die manier waarop hy hom gedra. Nederig en op sy plek moet hy doen wat God wil hê ’n mens moet doen om sinvol te leef.
JAKOBUS 3:13 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer een van julle dink dat hy wysheid het en verstandig is, dan moet hy wys dat hy verstandig is. Hy moet reg lewe en hy moet doen wat die Here wil hê, hy moet nederig wees soos 'n wyse mens moet wees.
JAKOBUS 3:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Is daar 'n wyse en verstandige mens onder julle? Dan moet hy dit toon deur sy goeie gedrag en deur dade wat van nederigheid en wysheid getuig.
JAKOBUS 3:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie onder julle is wys en verstandig? Laat hy deur goeie gedrag sy dade met sagmoedige wysheid toon.
JAKOBUS 3:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie is 'n wyse man en toegerus met kennis onder julle? laat hom uit 'n goeie gesprek sy werke met sagmoedigheid van wysheid openbaar.