JAKOBUS 1:4
JAKOBUS 1:4 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet so aanhou glo dat julle geloof heeltemal sal wees soos dit moet wees. Julle moet so aanhou glo dat julle alles sal doen wat God wil hê, dan sal julle heeltemal wees soos God wil hê julle moet wees.
JAKOBUS 1:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
JAKOBUS 1:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.
JAKOBUS 1:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar julle volharding moet tot volledige ontwikkeling kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees, en in geen opsig tekort skiet nie.
JAKOBUS 1:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar laat die geduld sy volmaakte werk hê, sodat julle volmaak en volkome kan wees en niks kortkom nie.