JAKOBUS 1:1
JAKOBUS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Jakobus, is 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Ek skryf hierdie brief vir die twaalf stamme van Israel wat oral in die hele wêreld woon. Ek groet julle!
JAKOBUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
JAKOBUS, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
JAKOBUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Jakobus, 'n dienaar van God en die Here Jesus Christus. Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!
JAKOBUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus •Christus, aan die twaalf stamme in die Diaspora: Gegroet!
JAKOBUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jakobus, 'n dienskneg van God en van die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld verstrooi is, groet.