JESAJA 64:7
JESAJA 64:7 Bybel vir almal (ABA)
Niemand het U aanbid nie, niemand het probeer om vas te hou aan U nie. Daarom het U weggekyk van ons, U het ons laat wegsmelt omdat ons sonde gedoen het.
JESAJA 64:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
JESAJA 64:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is niemand wat tot U om hulp roep nie, niemand wat sy krag in U soek nie. U het ons aan onsself oorgelaat, U laat ons wegkwyn deur ons sondes.
JESAJA 64:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is niemand wat u Naam aanroep of homself wakker skud om aan U vas te hou nie; want U het u gesig vir ons verberg, ons oorgelewer aan die greep van ons sondeskuld.
JESAJA 64:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar is niemand wat u Naam aanroep, wat hom opgewek om U aan te gryp nie, want U het u aangesig vir ons verberg en ons verteer weens ons ongeregtighede.