JESAJA 64:5
JESAJA 64:5 Bybel vir almal (ABA)
U help graag die mense wat doen wat reg is, en wat bly is daaroor, die mense wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. Maar U het kwaad geword toe ons sonde gedoen het. Sal U ons weer red?
JESAJA 64:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, Ú was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word?
JESAJA 64:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
U kom dié te hulp wat met blydskap doen wat reg is, dié wat onthou hoe U wil hê hulle moet lewe. U was kwaad vir ons, want ons het gesondig. Ons het so lank daarmee aangehou, hoe kan ons dan nog gered word?
JESAJA 64:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
U kom elkeen tegemoet wat met vreugde doen wat reg is, wat op u paaie aan U bly dink. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig. Ons het lank in sonde verkeer – sal ons verlos word?
JESAJA 64:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
U ontmoet hom wat bly is en geregtigheid doen, die wat aan u dink in u weë; kyk, u is toornig; want ons het gesondig; daarin is volharding, en ons sal gered word.