JESAJA 64:2
JESAJA 64:2 Bybel vir almal (ABA)
U moet kom soos 'n vuur wat hout aan die brand steek, 'n vuur wat water laat kook. Dan sal u vyande u Naam ken en die volke sal voor U bewe.
JESAJA 64:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
— soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel — om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe
JESAJA 64:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom af soos 'n vuur wat fynhoutjies laat brand, soos 'n vuur wat water laat kook. Laat u Naam só aan u vyande bekend word, laat die nasies só voor U bewe.
JESAJA 64:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos vuur struikgewas laat opvlam, soos water deur vuur tot kookpunt kom, so sal die nasies bewe vanweë u teenwoordigheid, wanneer U u Naam bekend maak aan u teenstanders.
JESAJA 64:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Soos wanneer die smeltende vuur brand, laat die vuur die water kook, om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat die nasies voor u aangesig kan bewe!