JESAJA 64:11
JESAJA 64:11 Bybel vir almal (ABA)
Ons gewyde, pragtige tempel het verbrand, die plek waar ons voorvaders U geprys het. Al ons mooi huise het hope klippe geword.
JESAJA 64:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword.
JESAJA 64:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ons heilige en pragtige tempel waar ons voorouers U geloof het, is deur vuur verwoes, alles wat vir ons dierbaar was, lê in puin.
JESAJA 64:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons heilige en pragtige •tempel, waar ons voorouers U geloof het, het 'n prooi van vuur geword – alles wat vir ons kosbaar is, het 'n puinhoop geword.
JESAJA 64:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ons heilige en ons pragtige huis waar ons vaders U geprys het, is met vuur verbrand, en al ons lieflike dinge is verwoes.