JESAJA 61:7-8
JESAJA 61:7-8 Bybel vir almal (ABA)
Ander mense het julle verneder en hulle het gesê julle beteken niks, maar julle sal twee maal meer kry as wat julle voorheen gehad het, en mense sal sê julle is baie belangrik. Julle sal in julle land twee maal meer hê as ander mense en julle sal altyd bly wees. Die Here sê: “Ek, die Here, is lief vir wat reg is, maar Ek haat mense wat ander mense se goed steel en wat nie reg doen aan hulle nie. Ek sal alles vir my volk gee wat Ek vir hulle belowe het, Ek sal 'n verbond met hulle maak, 'n verbond wat altyd sal aanhou.
JESAJA 61:7-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In plaas van julle skande ontvang julle 'n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land 'n dubbele deel in besit neem, ewige vreugde geniet. Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.
JESAJA 61:7-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê. Ek is die Here, Ek het die reg lief, Ek haat roof en misdaad. In my trou sal Ek my volk gee wat Ek beloof het, Ek sal 'n ewige verbond met hulle sluit.
JESAJA 61:7-8 Die Boodskap (DB)
Julle sal nie verder bespot en beledig word nie. In die plek daarvan sal julle in julle land twee keer soveel besit as wat julle tevore gehad het. Julle blydskap sal geen einde hê nie. Ek is die Here. Ek soek geregtigheid by julle. Ek haat diefstal en onreg. Ek sal my woord hou en vir my volk hulle beloning gee. Ek sal met hulle ’n ooreenkoms maak wat nooit sal ophou nie.
JESAJA 61:7-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
In plaas van vernedering en minagting sal my volk ’n dubbele deel ontvang van voorspoed en ewige vreugde. “Want Ek, die HERE, het geregtigheid lief. Ek haat diefstal en misdaad. Omdat Ek getrou is, sal Ek my volk beloon vir hulle lyding. Ek sluit ’n verbond met hulle wat vir altyd sal bestaan.