JESAJA 60:6
JESAJA 60:6 Bybel vir almal (ABA)
Daar sal baie kamele na jou toe kom, kamele van die lande Midian en Efa. Hulle sal almal van die land Skeba kom en hulle sal goud en wierook bring. Die mense sal die Here prys.
JESAJA 60:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
JESAJA 60:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jou land sal vol kamele wees, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom, bring goud en wierook en verkondig die lof van die Here.
JESAJA 60:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Magdom kamele sal jou oordek, jong kamele uit Midian en Efa. Almal uit Skeba sal kom. Goud en wierook sal hulle dra; die goeie nuus van die HERE se lofwaardige dade sal hulle verkondig.
JESAJA 60:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die menigte kamele sal jou oordek, die dromedarisse van Midian en Efa; almal van Skeba sal kom; goud en reukwerk sal hulle bring; en hulle sal die lofsange van die HERE verkondig.