JESAJA 60:4-5
JESAJA 60:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jerusalem, kyk rondom jou, jy sal sien jou seuns en jou dogters kom van ver. Mense dra hulle, en hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe. Wanneer jy dit sien, dan sal jy baie bly wees. Jou hart sal vinnig klop en jy sal bly word, want al die duur en mooi dinge van die volke sal joune word. Dit sal na jou toe kom oor die see.
JESAJA 60:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Slaan jou oë rondom op en kyk — hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe; jou seuns kom van ver, en jou dogters word op die heup gedra. Dan sal jy dit sien en straal van vreugde, en jou hart sal ontroer en verruim word; want die rykdom van die see gaan na jou toe oor, die skatte van die nasies kom na jou toe aan.
JESAJA 60:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kyk rondom jou, kyk, hulle kom almal bymekaar, hulle kom na jou toe: jou seuns kom van ver af, jou dogters word met liefde gebring. Jy sal dit sien en van vreugde straal, jy sal bewe van blydskap, want die rykdom van die see word joune, die skatte van die nasies kom in jou besit.
JESAJA 60:4-5 Die Boodskap (DB)
Kyk ’n bietjie wat besig is om reg rondom jou te gebeur. Jou mense begin bymekaarkom om terug te kom huis toe. Jou seuns kom van ver af terug. Jou dogters word aangedra terug na jou toe. Wanneer jy sien wat gebeur, gaan jy van blydskap straal. Jou hart sal opgewonde begin klop. Die seehandelaars sal met jou begin besigheid doen. Die rykdom van die wêreld sal na jou toe begin vloei.
JESAJA 60:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kyk rondom jou. Hulle kom almal bymekaar. Jou seuns kom uit ver lande. Jou dogtertjies word op die heup gedra. Jy sal dit sien, jou oë sal blink, en jou hart sal bons van vreugde, want handelaars van oor die hele wêreld bring hulle skatte na jou, die rykdom van baie lande.