JESAJA 6:13
JESAJA 6:13 Bybel vir almal (ABA)
Die vyande sal alles afbrand wat oorbly in die land, ook as daar net een tiende oor is. Maar wanneer 'n mens 'n eikeboom of 'n terpentynboom afkap, dan bly staan daar 'n stuk van die boom se stam in die grond. So sal die gewyde volk ook oorbly.”
JESAJA 6:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as nog 'n tiende deel daarin is, sal dit weer wees tot verwoesting; maar soos by die terpentynboom en die eikeboom — as hulle omgekap word — 'n stomp oorbly, so sal die heilige geslag die stomp daarvan wees.
JESAJA 6:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Selfs al is daar net 'n tiende oor, sal die land nog verder verwoes word. “Maar soos van 'n akkerboom of 'n terpentynboom 'n stomp bly staan wanneer dit afgekap word, so sal daar vir die land 'n stomp oorbly: die gewyde geslag.”
JESAJA 6:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As daar nog 'n tiende in die land is, sal die land weer aan verwoesting uitgelewer wees. Tog sal by hulle 'n stomp oorbly, soos van 'n •terebintboom en 'n eikeboom wanneer hulle neergevel is. Die stomp van die land is 'n heilige geslag. ”
JESAJA 6:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar daar sal nog 'n tiende daarin wees, en dit sal terugkom en geëet word: soos 'n teelboom en soos 'n eikeboom waarvan die stof daarin is as hulle hul blare gooi; so sal die heilige saad die eiendom daarvan wees.
JESAJA 6:13 Die Boodskap (DB)
Selfs al bly daar net ’n tiende van al die mense oor sal daardie deeltjie ook verwoes word. Maar soos daar gewoonlik ’n stomp bly staan as jy ’n akkerboom of ’n terpentynboom afgekap het, sal daar vir hulle ook ’n stomp agterbly. Hierdie stomp behoort aan die Here en daaruit sal die Here ’n nuwe geslag laat groei.”