JESAJA 6:11
JESAJA 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Ek het gevra: “Here, tot wanneer moet ek dit doen?” En Hy het gesê: “Totdat daar nie meer mense oorbly in die stede nie, totdat daar nie meer mense woon in die huise nie, totdat daar nie meer koring en vrugte is nie
JESAJA 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis
JESAJA 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is
JESAJA 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop vra ek: “Tot wanneer, my Heer?” Hy het geantwoord: “Totdat die dorpe vervalle lê sonder inwoners, die huise sonder mense is, die land verval tot 'n woesteny
JESAJA 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê ek: HERE, hoe lank? En hy het geantwoord: Totdat die stede verwoes is sonder inwoners en die huise sonder mense en die land heeltemal woes is