JESAJA 55:8-9
JESAJA 55:8-9 Bybel vir almal (ABA)
“Ja, Ek dink nie soos julle dink nie, en Ek doen nie soos julle doen nie. Ja, wat Ek dink en doen, is ver bo wat julle dink en doen, soos die hemel ver bo die aarde is.
JESAJA 55:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
JESAJA 55:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
My gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here; soos die hemel hoër is as die aarde, so is my optrede verhewe bo julle optrede en my gedagtes bo julle gedagtes.
JESAJA 55:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Ja, my planne is nie julle planne nie, en julle paaie is nie my paaie nie,” is die uitspraak van die HERE. “ Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my paaie hoër as julle paaie, en my planne as julle planne.
JESAJA 55:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.
JESAJA 55:8-9 Die Boodskap (DB)
Die Here sê: Ek dink heeltemal anders as julle. Ek doen dinge ook heeltemal anders as wat julle dit doen. Soos die wolke ver bo die aarde is, is die manier waarop Ek dinge doen ook ver bo die manier waarop julle dit doen. Hoe Ek dink, is ook baie ver van die manier waarop julle dink.