JESAJA 5:8
JESAJA 5:8 Bybel vir almal (ABA)
Dit sal sleg gaan met julle. Julle hou aan om ander mense se grond te vat, en hulle het nie nou plek om te woon nie. Net julle het plek in die land.
JESAJA 5:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee hulle wat huis aan huis trek, akker aan akker voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen grondeienaars in die land is.
JESAJA 5:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ellende wag vir julle wat huis na huis inpalm, die een plaas na die ander in die hande kry, totdat daar geen plek vir ander oorbly nie en net julle grondeienaars in die land is.
JESAJA 5:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee hulle wat huis by huis voeg, wat ploegland by ploegland voeg, totdat daar geen plek meer is nie, en julle alleen in die land woon.
JESAJA 5:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee hulle wat huis aan huis verbind, wat veld aan akker lê, totdat daar geen plek is nie, sodat hulle alleen in die middel van die aarde geplaas kan word!