JESAJA 45:6-7
JESAJA 45:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Dan sal al die volke weet dat net Ek God is. Ek is die Here, daar is nie 'n ander Here nie. Ek laat dit lig word of donker word, Ek laat dit goed gaan of sleg gaan, Ek, die Here, doen dit alles.
JESAJA 45:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
JESAJA 45:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek doen dit sodat elkeen van die ooste af tot in die weste kan weet dat daar buiten My geen God is nie; Ek is die Here, daar is geen ander nie. Ek maak die lig en skep die donker; Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge.
JESAJA 45:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat hulle van waar die son opkom, en van waar hy ondergaan, kan weet dat daar niks is buiten My nie. Ek is die HERE, en daar is geen ander nie – die Een wat die lig vorm en die duisternis skep, wat voorspoed bewerk en onheil skep. Ek, die HERE, bewerk al hierdie dinge.
JESAJA 45:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sodat hulle kan weet van die opkoms van die son en van die weste af dat daar niemand buiten My is nie. Ek is die HERE, en daar is niemand anders nie. Ek vorm die lig en skep duisternis; Ek maak vrede en skep onheil; Ek, die HERE, doen al hierdie dinge.
JESAJA 45:6-7 Die Boodskap (DB)
Ek wil hê dat die hele wêreld moet weet dat daar niemand anders is behalwe Ek nie. Ek is die Here en daar is niemand anders naas My nie. Dit is Ek wat die lig gemaak het, maar ook die donker. Vrede, maar Ek bring ook teëspoed. Ek is die Here. Ek het al hierdie dinge gemaak.
JESAJA 45:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dan sal die wêreld van die ooste tot by die weste weet daar is geen ander God as Ek nie. Ek is die HERE, en daar is geen ander God nie. Ek maak die lig en skep die donkerte. Ek gee voorspoed en stuur slegte tye. Ek, die HERE, is die Een wat al hierdie dinge doen.