JESAJA 40:3
JESAJA 40:3 Bybel vir almal (ABA)
Iemand het geskree: “Julle moet in die woestyn 'n pad gereedmaak vir die Here, julle moet die pad gelykmaak vir ons God!
JESAJA 40:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
JESAJA 40:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Iemand roep: “Maak vir die Here 'n pad in die woestyn, maak in die barre wêreld 'n grootpad vir ons God!
JESAJA 40:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Stem roep: “Maak in die woestyn die pad van die HERE gereed; maak in die Araba 'n grootpad vir ons God gelyk.
JESAJA 40:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die stem van hom wat in die woestyn roep: Berei die weg van die HERE, maak reguit in die woestyn 'n grootpad vir onse God.
JESAJA 40:3 Die Boodskap (DB)
Luister, daar is ’n stem wat uitroep: “Bou ’n pad vir die Here deur die woestyn. Maak vir ons God ’n breë, reguit pad dwarsdeur die veld.