JESAJA 34:6
JESAJA 34:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here hou 'n swaard vas wat vol bloed en vet is, die bloed en die vet aan die niere van skaap-ramme en bok-ramme. Die Here sal baie mense doodmaak in die stad Bosra, in die land Edom.
JESAJA 34:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.
JESAJA 34:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die swaard van die Here is vol bloed en drup van die vet: die bloed van lammers en bokramme, die niervet van skaapramme. Die Here hou 'n offerfees in Bosra, Hy rig 'n groot slagting aan in Edom.
JESAJA 34:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het 'n swaard – vol bloed is dit, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokramme, van die niervet van ramme; want daar is 'n offerfees vir die HERE in Bosra, 'n groot slagting in die land van Edom.
JESAJA 34:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die swaard van die HERE is vol bloed, dit word vet gemaak van vet, en van die bloed van lammers en bokke, met die vet van die niere van ramme; want die HERE het 'n offer in Bosra en 'n groot slagting in die land van Idumea.