HEBREËRS 13:5
HEBREËRS 13:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het: “Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.”
HEBREËRS 13:5 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie baie lief wees vir geld nie, julle moet tevrede wees met dit wat julle het. Want God het gesê: “ Ek sal jou nooit los nie, Ek sal nooit weggaan van jou nie.”
HEBREËRS 13:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
HEBREËRS 13:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”