GENESIS 6:4
GENESIS 6:4 Bybel vir almal (ABA)
In daardie tyd en ook daarna was daar reuse op die aarde. Die reuse was die kinders van die engele wat met die mense se dogters getrou het. Die reuse was die sterk manne van daardie tyd, almal het geweet van hulle.
GENESIS 6:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam.
GENESIS 6:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd was daar reuse op die aarde, en ook daarna wanneer die hemelwesens na die dogters van die mense toe gekom en kinders by hulle gehad het. Hulle was die sterk mense van die ou tyd, die manne van naam.
GENESIS 6:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die reuse was in daardie tyd en ook daarna op die aarde, solank as wat die hemelwesens by die dogters van die mense ingegaan en vir hulleself kinders verwek het. Daardie kinders was die helde uit die ou tyd, die beroemde manne.
GENESIS 6:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar was in daardie dae reuse op die aarde; en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingekom het en hulle vir hulle kinders gebaar het, het dit magtige manne geword wat van ouds was, manne van naam.