GENESIS 49:3
GENESIS 49:3 Bybel vir almal (ABA)
“Ruben, jy was my eerste kind. Jy is gebore toe ek jonk en sterk was, jy is my beste en belangrikste seun.
GENESIS 49:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die eersteling van my sterkte; die vernaamste in hoogheid en die vernaamste in mag!
GENESIS 49:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ruben, jy is die oudste, toonbeeld van my krag, gebore toe ek in my fleur was; jy is die vernaamste, die sterkste.
GENESIS 49:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ruben, jy is my eersgeborene, my sterkte, die eersteling van my manlike krag – uitsonderlik in verhewenheid, uitsonderlik in krag.
GENESIS 49:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ruben, jy is my eersgeborene, my krag en die begin van my sterkte, die voortreflikheid van waardigheid en die voortreflikheid van krag.