GENESIS 44:1
GENESIS 44:1 Bybel vir almal (ABA)
Josef het vir die bestuurder van sy huis gesê: “Maak die manne se sakke vol koring. Maak dit so vol soos hulle kan dra en sit elkeen se geld terug in sy sak.
GENESIS 44:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE gee hy bevel aan die opsigter oor sy huis en sê: Maak die sakke van die manne vol met lewensmiddele soveel as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak
GENESIS 44:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe beveel Josef sy hoofamptenaar: “Maak die graansakke van die manne vol met net soveel kos as hulle kan vervoer, en sit elkeen se geld bo in sy sak.
GENESIS 44:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Josef het die hoof van sy huishouding beveel: “Vul die manne se sakke met kos, soveel as wat hulle kan dra. Sit elkeen se silwer terug bo in sy sak.
GENESIS 44:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het die opsigter van sy huis bevel gegee en gesê: Maak die manne se sakke vol met voedsel, soveel as wat hulle kan dra, en gooi elkeen se geld in sy sak se mond.