GENESIS 41:3
GENESIS 41:3 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het daar ook sewe ander koeie uit die Nyl-rivier gekom. Hulle was lelik en maer en hulle het by die vet koeie op die rivier se wal gaan staan.
GENESIS 41:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En kyk, ná hulle kom daar nog sewe koeie uit die Nyl uit op wat lelik van aansien en maer van vleis was, en hulle het by die ander koeie op die wal van die Nyl gaan staan.
GENESIS 41:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ná hulle kom daar toe sewe ander koeie uit die rivier uit. Hulle was lelik en maer en het langs die ander koeie op die rivierwal gaan staan.
GENESIS 41:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar kyk, sewe ander koeie wat lelik lyk en maer is, kom toe ná hulle op uit die Nyl, en hulle gaan staan langs die koeie op die wal van die Nyl.
GENESIS 41:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, sewe ander koeie het agter hulle uit die rivier opgekom, sleg van guns en maer van vleis; en by die ander koeie op die rand van die rivier gaan staan.