GENESIS 40:8
GENESIS 40:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sê vir hom: Ons het 'n droom gedroom, en daar is geen uitlegger daarvan nie. En Josef sê vir hulle: Behoort die uitleggings nie aan God nie? sê vir my hulle, ek bid jou.
GENESIS 40:8 Bybel vir almal (ABA)
Hulle het vir hom gesê: “Ons altwee het gedroom, en daar is niemand wat vir ons kan sê wat ons drome beteken nie.” Josef het vir hulle gesê: “Net God kan sê wat drome beteken. Vertel vir my wat julle gedroom het.”
GENESIS 40:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle antwoord hom: Ons het 'n droom gehad, en daar is niemand wat dit kan uitlê nie. En Josef vra hulle: Is uitlegging nie 'n saak van God nie? Vertel my tog.
GENESIS 40:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het hom geantwoord: “Ons het elkeen 'n droom gehad en ons weet nie wat dit beteken nie.” Toe sê Josef vir hulle: “God ken julle drome se uitleg. Vertel die drome vir my.”
GENESIS 40:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sê toe vir hom: “Ons het gedroom, en daar is niemand wat dit kan verklaar nie.” Toe sê Josef vir hulle: “Hoort verklarings nie by God nie? Vertel dit tog vir my!”