GENESIS 32:16
GENESIS 32:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het elke trop aan 'n slaaf gegee en gesê: “Trek vorentoe, maar hou 'n afstand tussen die troppe.”
GENESIS 32:16 Bybel vir almal (ABA)
Jakob het die diere vir sy slawe gegee, elke trop diere apart, en hy het vir sy slawe gesê: “Loop voor my, maar hou elke trop diere apart.”
GENESIS 32:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en hy het hulle aan sy dienaars afgegee, elke trop afsonderlik, en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit, en laat 'n plek oop tussen trop en trop.
GENESIS 32:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het dit onder die toesig van sy slawe geplaas – trop vir trop elkeen op sy eie. Hy het vir sy slawe gesê: “Trek voor my uit, maar hou 'n afstand tussen trop en trop.”
GENESIS 32:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hulle in die hand van sy dienaars gegee, elke troppe afsonderlik; en aan sy dienaars gesê: Trek voor my uit en sit 'n spasie tussen trop en trop.