GENESIS 3:3
GENESIS 3:3 Bybel vir almal (ABA)
maar God het gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie. Hy het gesê ons mag nie daaraan raak nie, want dan sal ons sterf.”
GENESIS 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe.
GENESIS 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.”
GENESIS 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar oor die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê, ‘Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanraak nie, anders sterf julle.’ ”
GENESIS 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet en dit nie aanraak nie, sodat julle nie sterwe nie.