GENESIS 3:19
GENESIS 3:19 Bybel vir almal (ABA)
Jy sal hard werk en sweet om kos te kry. Jy sal aanhou werk totdat jy sterf en teruggaan na die grond, want jy kom uit die grond. Ja, jy is stof en jy sal weer stof word.”
GENESIS 3:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.
GENESIS 3:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
net deur harde werk sal jy kan eet, totdat jy terugkeer na die aarde toe, want daaruit is jy geneem. Stof is jy, en jy sal weer stof word.”
GENESIS 3:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Met sweet aan jou gesig sal jy brood eet, totdat jy terugkeer na die grond; want daaruit is jy geneem – ja, stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.”
GENESIS 3:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkom na die aarde; want daaruit is jy geneem; want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.