GENESIS 3:12
GENESIS 3:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.”
GENESIS 3:12 Bybel vir almal (ABA)
Die mens het gesê: “Ú het die vrou vir my gegee. Dit is sý wat vir my van die vrugte gegee het, en ek het daarvan geëet.”
GENESIS 3:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet.
GENESIS 3:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U my gegee het om my by te staan, sy het vir my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.”
GENESIS 3:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die mens het geantwoord: “Die vrou wat U gegee het om aan my sy te wees, sy is die een wat vir my van die boom gegee het, en ek het geëet.”