GENESIS 3:1
GENESIS 3:1 Bybel vir almal (ABA)
Die slang was slimmer en skelmer as al die wilde diere wat die Here God gemaak het. Die slang het vir die vrou gevra: “Is dit waar? Het God gesê julle mag niks van die bome in die tuin se vrugte eet nie?”
GENESIS 3:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
GENESIS 3:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die slang was listiger as al die wilde diere wat deur die Here God gemaak is en het vir die vrou gevra: “Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?”
GENESIS 3:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. Hy het vir die vrou gevra: “Is dit werklik so dat God gesê het julle mag nie van enige boom in die tuin eet nie?”
GENESIS 3:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Ja, het God gesê: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?