GENESIS 28:3
GENESIS 28:3 Bybel vir almal (ABA)
God die Almagtige sal jou seën. Hy sal jou vrugbaar maak en Hy sal vir jou 'n groot nageslag gee. Jy sal die voorvader van 'n baie groot volk word.
GENESIS 28:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En mag God, die Almagtige, jou seën en jou vrugbaar maak en jou vermeerder, sodat jy 'n menigte van volke kan word.
GENESIS 28:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
God die Almagtige sal jou seën: Hy sal jou vrugbaar maak en jou 'n groot nageslag gee. Jy sal 'n baie groot volk word.
GENESIS 28:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag God, die Almagtige, jou seën, jou vrugbaar en talryk maak, sodat jy 'n skare van volke word.
GENESIS 28:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En God, die Almagtige, seën jou en maak jou vrugbaar en vermeerder jou, sodat jy 'n menigte van mense kan wees