GENESIS 20:3
GENESIS 20:3 Bybel vir almal (ABA)
Abimelek het daardie nag gedroom dat God na hom toe kom en vir hom sê: “Jy sal sterf omdat jy hierdie vrou gevat het, sy is 'n getroude vrou.”
GENESIS 20:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar God het in die nag by Abiméleg gekom in 'n droom en vir hom gesê: Kyk, jy sal sterwe ter wille van die vrou wat jy laat haal het, want sy is 'n getroude vrou.
GENESIS 20:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Een nag het God in 'n droom aan Abimelek verskyn en vir hom gesê: “Jy gaan sterf omdat jy met hierdie vrou wil trou. Sy is al getroud.”
GENESIS 20:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar God het in 'n nagtelike droom na Abimeleg gekom en vir hom gesê: “Kyk, jy gaan sterf oor die vrou wat jy geneem het, want sy behoort aan 'n man.”
GENESIS 20:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar God het in die nag in 'n droom na Abimeleg gekom en vir hom gesê: Kyk, jy is maar 'n dooie man vanweë die vrou wat jy geneem het; want sy is 'n man se vrou.