GENESIS 12:4
GENESIS 12:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarop het Abram weggegaan, soos die HERE met hom gespreek het; en Lot het saam met hom gegaan, en Abram was vyf en sewentig jaar oud toe hy uit Haran vertrek het.
GENESIS 12:4 Bybel vir almal (ABA)
Abram het toe weggegaan soos die Here vir hom gesê het. Lot het saam met hom gegaan. Abram was 75 jaar oud toe hy uit Haran weggegaan het.
GENESIS 12:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf-en-sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
GENESIS 12:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het.
GENESIS 12:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Abram het gegaan, soos die HERE vir hom gesê het, en Lot het saam met hom gegaan. Abram was vyf-en-sewentig jaar oud met sy vertrek uit Haran.