GENESIS 1:7
GENESIS 1:7 Bybel vir almal (ABA)
Dit het toe gebeur. God het die hemeldak gemaak en Hy het die water onder die dak geskei van die water bo die dak.
GENESIS 1:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En dit was so.
GENESIS 1:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
So het dit gebeur. God het die gewelf gemaak en die waters onder die gewelf geskei van die waters bo die gewelf.
GENESIS 1:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het die gewelf gemaak, en Hy het die water wat onder die gewelf was, geskei van die water wat bo die gewelf was. Dit het toe so gebeur.
GENESIS 1:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel was, geskei van die waters wat bo die uitspansel was.