GENESIS 1:25
GENESIS 1:25 Bybel vir almal (ABA)
God het die diere op die aarde gemaak, wilde diere, mak diere en diere wat kruip. God het gesien dit is goed.
GENESIS 1:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens hulle soorte en die vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die grond kruip, volgens hulle soorte. Toe sien God dat dit goed was.
GENESIS 1:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het die wilde diere op die aarde gemaak, elkeen na sy aard; ook die mak diere, elkeen na sy aard; en ook al die diere wat kruip, elkeen na sy aard. En God het gesien dit is goed.
GENESIS 1:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het die wilde diere van die aarde gemaak volgens elkeen se aard, die mak diere volgens elkeen se aard, en al die diere wat op die grond kruip volgens elkeen se aard. God het gesien dat dit goed is.
GENESIS 1:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het die diere van die aarde volgens hulle soorte gemaak en vee volgens hulle soorte en al die diere wat op die aarde kruip volgens hulle soorte; en God het gesien dat dit goed was.