GENESIS 1:20
GENESIS 1:20 Bybel vir almal (ABA)
God het gesê: “Daar moet baie diere in die water wees en daar moet voëls onder die hemeldak vlieg.”
GENESIS 1:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het gesê: Laat die waters wemel met 'n gewemel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg langs die uitspansel van die hemel.
GENESIS 1:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het God gesê: “Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat daar voëls onder die hemelgewelf oor die aarde vlieg.”
GENESIS 1:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het gesê: “Laat die water wemel met lewende wesens, en laat voëls oor die aarde vlieg langs die hemelgewelf.”
GENESIS 1:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
God het gesê: Laat die waters oorvloedig voortbring die ontroerende wesens wat lewe het, en voëls wat oor die aarde vlieg in die uitspansel van die hemel.