GALASIËRS 2:21
GALASIËRS 2:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek verwerp nie die genade van God nie; want as •vryspraak deur die wet kom, dan het Christus tevergeefs gesterf.
GALASIËRS 2:21 Bybel vir almal (ABA)
Party mense sê God spreek mense vry omdat hulle doen wat die wette sê. Dit is nie waar nie. As dit waar is, dan help dit niks dat Christus gesterf het nie. Nee, ek kan nie die genade van God weggooi nie.
GALASIËRS 2:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
GALASIËRS 2:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek verwerp nie die genade van God nie. As 'n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.
GALASIËRS 2:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek verbreek die genade van God nie, want as geregtigheid deur die wet kom, dan is Christus tevergeefs dood.