EKSODUS 14:9
EKSODUS 14:9 Bybel vir almal (ABA)
Die Egiptenaars het die Israeliete gevolg en gejaag. Die manne op die farao se oorlogkarre en sy soldate het tot by die Israeliete gekom. Die Israeliete se kamp was by die see, by Pi-Hagirot naby Baäl-Sefon.
EKSODUS 14:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Egiptenaars het hulle agtervolg — al Farao se perde en strydwaens, sy ruiters en sy leërmag — en hulle ingehaal terwyl hulle in die laer gestaan het by die see by Pi-Hágirot, voor Baäl-Sefon.
EKSODUS 14:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Egiptenaars het hulle agtervolg, en al die strydwaens van die farao met bemanning en leërmag het hulle ingehaal terwyl hulle besig was om by die see kamp op te slaan, naby Pi-Hagirot regoor Baäl-Sefon.
EKSODUS 14:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die Egiptenare het hulle agtervolg. Die hele strydwamag van die farao, sy bemanning en sy leërmag het hulle ingehaal waar hulle by die see besig was om kamp op te slaan by Pi-Hagirot voor Baäl-Sefon.
EKSODUS 14:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die Egiptenaars het hulle agternagejaag, al die perde en strydwaens van Farao en sy ruiters en sy leër, en hulle het hulle ingehaal wat by die see laer opgeslaan het, langs Pi-Hagirot, voor Baäl-Sefon.