EKSODUS 14:5
EKSODUS 14:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die koning van Egipte die berig kry dat die volk vir goed weg is, het sy houding en dié van sy amptenare teenoor die Israeliete verander. Die Egiptenaars het gesê: “Wat het ons aangevang dat ons die Israeliete laat trek het? Nou is ons hulle diens kwyt!”
EKSODUS 14:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe daar aan die koning van Egipte berig gebring is dat die volk gevlug het, het die farao en sy amptenare van besluit verander oor die volk. Hulle het gesê: “Wat het ons besiel dat ons Israel uit ons diens laat gaan het?”
EKSODUS 14:5 Bybel vir almal (ABA)
Die koning van Egipte, die farao, het gehoor dat die Israeliete gevlug het. Hy en sy amptenare het toe gesê: “Ons het 'n fout gemaak. Ons het die Israeliete laat gaan, en nou is hulle nie meer ons slawe nie.”
EKSODUS 14:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe die koning van Egipte berig ontvang dat die volk gevlug het, het die hart van Farao en van sy dienaars teenoor die volk verander, en hulle sê: Wat het ons nou gedoen dat ons Israel laat trek het, sodat hulle ons nie meer dien nie?
EKSODUS 14:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En aan die koning van Egipte is meegedeel dat die volk gevlug het, en die hart van Farao en sy dienaars het teen die volk gedraai, en hulle het gesê: Waarom het ons dit gedoen, dat ons Israel laat trek het om ons te dien?
EKSODUS 14:5 Die Boodskap (DB)
Toe die koning van Egipte hoor waarheen die Israeliete op pad is, het hy en sy leiers hulle besluit verander. Hulle het gesê: “Wat op aarde het ons besiel om die Israeliete sommerso te laat wegkom?”
EKSODUS 14:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die koning van Egipte berig kry dat die volk weggekom het, het sy houding, asook dié van sy amptenare teenoor die volk verander. “Wat het ons aangevang om die Israeliete wat vir ons gewerk het van ons af te laat weggaan?” het hulle hulleself afgevra.