EKSODUS 14:24
EKSODUS 14:24 Bybel vir almal (ABA)
Vroeg die volgende oggend het die Here uit die vuur en die wolk afgekyk na die Egiptenaars se soldate. Hy het die soldate baie bang laat word.
EKSODUS 14:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in die môrewaak het die HERE, in die vuur — en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.
EKSODUS 14:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die vroeë môre het die Here uit die vuur- en wolkkolom afgekyk op die Egiptiese leër en verwarring onder hulle gesaai.
EKSODUS 14:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Teen die laaste nagwaak het die HERE uit die vuurkolom en die wolk afgekyk na die leër van Egipte. Toe het Hy verwarring veroorsaak in die leër van die Egiptenare.
EKSODUS 14:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dit het gebeur dat die HERE in die môrewag deur die vuurkolom en wolk na die leër van die Egiptenaars gekyk het, en die leër van die Egiptenaars in die wiele gery het.