EKSODUS 13:21
EKSODUS 13:21 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het elke dag saam met hulle gegaan. In die dag was Hy in 'n wolk wat hulle gelei het en wat vir hulle die regte pad gewys het. In die nag was die Here in 'n vuur om vir hulle lig te gee. Daarom kon hulle in die dag en in die nag loop.
EKSODUS 13:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
EKSODUS 13:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here het bedags met 'n wolkkolom voor hulle uit gegaan om vir hulle die pad te wys en snags met 'n vuurkolom om vir hulle lig te verskaf, sodat hulle dag en nag kon trek.
EKSODUS 13:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het bedags in 'n wolkkolom voor hulle uitgegaan om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om aan hulle lig te verskaf, sodat hulle bedags en snags kon trek.
EKSODUS 13:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die HERE het bedags voor hulle uit gegaan in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei; en snags in 'n vuurkolom om hulle te verlig; om dag en nag te gaan