ESTER 6:3
ESTER 6:3 Bybel vir almal (ABA)
Die koning vra toe: “Wat het ons gedoen om vir Mordegai te wys dat hy belangrik is?” Die jongmanne wat vir die koning bedien het, sê toe: “Ons het niks vir hom gedoen nie.”
ESTER 6:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die koning: Watter eer en verhoging het Mórdegai daarvoor te beurt geval? En die jongmanne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: Met hom het niks gebeur nie.
ESTER 6:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe vra die koning: “Watter eerbewys en erkenning het Mordegai hiervoor ontvang?” Die kamerpersoneel van die koning het geantwoord: “Hy het niks ontvang nie.”
ESTER 6:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Watter eer en erkenning het Mordegai daarvoor ontvang?” het die koning gevra. Die jong manne van die koning, sy dienaars, het geantwoord: “Daar is niks vir hom gedoen nie.”
ESTER 6:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die koning: Watter eer en waardigheid het Mordegai hiervoor aangedoen? Toe sê die dienaars van die koning wat hom bedien het: Daar is niks aan hom gedoen nie.