EFESIËRS 6:2-3
EFESIËRS 6:2-3 Bybel vir almal (ABA)
In die Ou Testament is geskryf: Jy moet jou ouers respekteer. Dit is die eerste wet waarin die Here ook iets vir ons belowe. Die Here belowe
EFESIËRS 6:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte — sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
EFESIËRS 6:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
EFESIËRS 6:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Eer jou vader en jou moeder,” dit is die eerste gebod met 'n belofte, “sodat dit met jou goed mag gaan, en jy 'n lang lewe op aarde sal hê.”
EFESIËRS 6:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Eer jou vader en jou moeder; (wat die eerste gebod met belofte is;) Dat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
EFESIËRS 6:2-3 Die Boodskap (DB)
Die Skrif sê: “Jy moet jou pa en ma respekteer” - kyk mooi hoe gaan hierdie gebod verder, want dit is die eerste gebod waarin God iets beloof - “sodat dit goed met jou sal gaan en jy ’n lang en gelukkige lewe mag hê.”