EFESIËRS 6:10-18

EFESIËRS 6:10-18 Bybel vir almal (ABA)

Ek wil vir julle nog één ding sê: Julle behoort aan die Here. Hy is baie sterk, Hy sal vir julle sy krag gee, en julle moet sterk wees. Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle. Ons veg nie teen mense nie, ons veg teen bose geeste en hulle leiers. Die mense van die wêreld luister na geeste, maar ons veg teen slegte geeste in die lug. Daarom moet julle soos soldate al die klere en wapens gebruik wat God vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle kan veg wanneer die slegte dag kom en die oorlog begin, en wanneer die oorlog verby is, dan sal julle nog staan. Julle moet vas staan. Julle moet die waarheid praat. Dit is soos die belt om 'n soldaat se heupe. Julle moet altyd doen wat reg is. Dit is soos die harnas van 'n soldaat. Julle moet die goeie boodskap ken en glo, die boodskap dat God vir ons vrede gee. Dit is soos 'n soldaat se skoene. Julle moet aanhou om in Christus te glo. Dit is soos wanneer 'n soldaat 'n skild neem om hom te beskerm, dit keer die brandpyle waarmee die duiwel julle wil skiet. God het julle gered en julle moet dit aanvaar. Dit is soos die helm op 'n soldaat se kop. God praat met julle. Ja, die Heilige Gees sê vir julle wat God sê. Dit is soos die swaard waarmee 'n soldaat veg. Julle moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet julle bid, julle moet vir God vra wat julle nodig het. Ja, julle moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense.

EFESIËRS 6:10-18 Die Boodskap (DB)

Daar bly nog een ding oor waaroor ek met julle wil praat. As Christene moet julle in hierdie lewe sterk staan, maar julle kan dit alleen doen as julle naby aan die Here bly. Hy is sterk en daarom kan Hy julle sterk maak. Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin. Dis nie ’n oorlog teen gewone mense nie. Ons moet teen die onsigbare geestelike magte van Satan veg. Hulle hou hulle sterk hier op aarde en doen bose dinge, maar kom eintlik van oral af. Sorg dat julle al die wapens reg hou wat God vir julle gegee het sodat wanneer die bose magte op julle toesak, julle nie ’n duim vir hulle hoef terug te tree nie. Met al sy aanvalle en dinge sal die duiwel net mooi niks aan julle kan doen nie. Julle sal die wenners wees. Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen: die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm. Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees. Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan. Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie.

EFESIËRS 6:10-18

EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83EFESIËRS 6:10-18 AFR83

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid