EFESIËRS 4:9
EFESIËRS 4:9-10 Die Boodskap (DB)
(Wat presies beteken hierdie “teruggaan hemel toe”? Dit beteken mos dat Hy voorheen in die hemel was en toe na die aarde toe afgekom het. Juis Hy is terug hemel toe. Nou is daar nie ’n hoekie of kantjie van hierdie heelal waar Jesus nie teenwoordig is nie.)
EFESIËRS 4:9 Bybel vir almal (ABA)
Ons lees: Hy het opgegaan. Dit beteken Christus het eers afgekom ondertoe, na die aarde.
EFESIËRS 4:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dít: Hy het opgevaar — wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
EFESIËRS 4:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hierdie uitdrukking: “Hy het opgevaar”, veronderstel tog dat Hy eers neergedaal het na wat laer is, naamlik na die aarde toe.
EFESIËRS 4:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Hy het opgevaar” – waarop anders dui dit as dat Hy eers neergedaal het na die laer dele, die aarde?