EFESIËRS 4:31
EFESIËRS 4:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
EFESIËRS 4:31 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie ander mense haat en net die slegte dinge onthou wat hulle gedoen het nie. Julle moenie kwaad word of mense straf of vir hulle skree of lelike dinge van hulle sê nie. Julle moet niks doen wat sleg is nie.
EFESIËRS 4:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie.
EFESIËRS 4:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat vaar alle bitterheid en woede en gramskap en geskreeu en gelaster, saam met elke vorm van kwaad.
EFESIËRS 4:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat alle bitterheid en toorn geskreeu en slegte woorde van julle verwyder word, met alle boosheid