EFESIËRS 1:13
EFESIËRS 1:13 Bybel vir almal (ABA)
Julle in Efese behoort ook aan Christus, julle het die regte boodskap gehoor, die goeie boodskap dat God julle wil red. Julle behoort aan Christus, julle glo in Hom, en daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy belowe het. Die Heilige Gees wys dat julle aan God behoort.
EFESIËRS 1:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte
EFESIËRS 1:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël.
EFESIËRS 1:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In Hom is julle, toe julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het, verseël met die Heilige Gees, wat beloof is.
EFESIËRS 1:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Op wie julle ook vertrou het, nadat julle die woord van die waarheid gehoor het, die evangelie van julle verlossing; in wie julle ook, nadat julle geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte
EFESIËRS 1:13 Die Boodskap (DB)
Julle is ook deel van die groep mense wat Christus s’n is. Dit is so van die dag af dat julle die waarheid gehoor en besef het dat julle elke woord daarvan kan glo. Ek praat van die goeie boodskap oor Jesus wat julle red. Daarom het God vir julle die Heilige Gees gegee wat Hy beloof het.
EFESIËRS 1:13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het.