EFESIËRS 1:1
EFESIËRS 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, is 'n apostel van Christus Jesus omdat God dit wil hê. Ek skryf hierdie brief vir julle wat in die stad Efese woon, julle wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.
EFESIËRS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is, en die gelowiges in Christus Jesus
EFESIËRS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, 'n apostel van Christus Jesus deur die wil van God. Aan almal in Efese wat aan God behoort en in Christus Jesus glo.
EFESIËRS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, 'n •apostel van •Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus
EFESIËRS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, en aan die gelowiges in Christus Jesus