PREDIKER 9:9
PREDIKER 9:9 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet, elke dag wanneer niks is soos dit moet wees nie. Dit is God wat vir jou elke dag gee, elke dag wanneer niks is soos dit moet wees nie, want dít is wat jy kry terwyl jy lewe en hard werk in hierdie wêreld.
PREDIKER 9:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
PREDIKER 9:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie. Dit is wat jou toekom in die lewe, wat jou toekom vir al jou geswoeg in hierdie wêreld.