PREDIKER 5:1-2
PREDIKER 5:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Jy moenie te gou praat nie, jy moenie te gou iets aan God belowe nie, want God is in die hemel en jy is op die aarde. Daarom moet jy versigtig wees wat jy sê. Wanneer jy besig is met baie dinge, dan droom jy baie dinge. Wanneer jy baie praat, dan praat jy soos 'n dwaas.
PREDIKER 5:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WEES nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring voor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees. Want soos die droom kom deur baie drukte, so die gepraat van die dwaas deur baie woorde.
PREDIKER 5:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie te gou praat nie, moenie oorhaastig 'n belofte aan God maak nie, want Hy is in die hemel en jy op die aarde. Laat jou woorde daarom min wees. Baie doenigheid bring drome, baie praat lei tot onverstandige woorde.
PREDIKER 5:1-2 Die Boodskap (DB)
Dink mooi voordat jy met die Here praat. Moenie sommer vinnige beloftes aan God maak nie. Onthou, God is baie groot en jy is baie klein. Hy is bo in die hemel en jy is onder op die aarde. Daarom moet jy mooi kyk wat jy sê. Pas op hoe jy oor jou drome praat, want van te veel praat, kom groot probleme. Kort voor lank sê jy verkeerde dinge oor God.